Local newsNewsNewsSport

Meyerton Knights behaal sukses in Nigel

Verskeie klubspanne sal Saterdag tydens die Sasolburg Cobras Rugbyklub se 'Battle of the Clubs-dag' in aksie wees.

Spanne van die Meyerton Knights Rugbyklub het verlede Saterdag sukses behaal tydens die Nigel Rugbyklub se jaarlikse dag, wat by die John Vorster-stadion in Nigel gehou is.

Albei die klub se spanne het teen spanne van die Benoni Northerns Rugbyklub te staan gekom.

Die Knights se tweedes het met 14-7 oor hul eweknieë van Benoni geseëvier, terwyl die eerste span op sy beurt indrukwekkende vaardighede en hope deursettingsvermoë getoon het teen ‘n sterk Benoni-span.

Die klub het sy ondersteuners bedank wat die reis na Nigel meegemaak het.

Hierdie Saterdag reis die Meyerton Knights net oor die Vaalrivier om aan die Sasolburg Cobras Rugbyklub se dag deel te neem. Die Cobras kom teen die span van Roodepoort te staan.

Lynstaan-aksie in die die Meyerton Knights se kragmeting teen Benoni. Foto’s: Verskaf

Saterdag se wedstryde

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button