Local newsNewsNewsSport

Dubbele sukses vir Cobras tydens rugbydag

Dit lyk of daar 'n belowende seisoen vir die Sasolburg Rugbyklub (Cobras) voorlê.

SASOLBURG – Die klub het Saterdag sy Sasolburg Cobras Rugbydag gehou en albei die klubspanne, die eerstes en tweedes, het groot oorwinnings behaal.

“Ons bedank graag al die klubs, spelers, borge, tegniese beamptes en die mediese personeel wat tot die dag se sukses bygedra het,” sê Christo, woordvoerder van die Sasolburg Rugbyklub.

Die uitslae van die dag:

Sasol 2 wen met 33-19 teen Kempton Park 1
NWU 2 wen met 20-0 teen Meyerton 2
VUT 1 wen met 50-5 teen ERU 2
NWU 1 wen met 10-5 teen Meyerton 1
Sasol 1 wen met 56-5 teen ERU 1

* Die Cobras kom op 28 Maart in sy eerste Presidentsbeker-wedstryd op sy tuisveld teen NWU Vaal te staan.
Die tweede span se wedstryd is om 14:40 en die eerste spanne pak mekaar om 16:00.

(Die Cobras oefen Dinsdae en Donderdae van 18:30-20:00 by DP de Villiers-stadion).

NOG FOTO’S IN VRYDAG SE VAALWEEKBLAD

Sasolburg Rugbyklub se tweedes weer op die aanval teen Kempton Park. Foto: Elsje Vermeulen
Selfs ’n stewige reënbui kon nie die aksie op die veld demp nie. Foto: Elsje Vermeulen
Anton Bothma van die Cobras se eerste span word deur ERU-spelers beetgekry. Foto: Verskaf
Leonardo van der Westhuizen word in die lug gehou deur Nardus van der Merwe en Gerrie Roets in die Cobras se wedstryd teen ERU. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button