Local newsNewsNews

Skole-rugby: Overvaal buig die knie teen Wonderboom

VEREENIGING - Die HS Overvaal het die afgelope naweek gemengde welslae behaal in sy wintersport-kragmeting teen HS Wonderboom.

Op die rugbyveld het die Valies ongelukkig teen die besoekers vasgeval.

Die eerste span manne het hul harte uitgespeel, maar moes die knie buig met 5-29 teen ‘n span wat gekom het om te wen.

Die Valies verdien egter erkenning vir hul uitstekende skrumwerk.

Uitslae van die rugby, netbal en hokkie en nog foto’s in Vrydag se Vaalweekblad.
Wen of verloor, die Valies se ondersteuners staan bankvas agter hulle.
Shané Nortje van Valies se eerste dogters hokkiespan op pad doelkas toe.
Valies-kaptein, Austin Coetzee, op die aanval. Foto’s: Elsje Vermeulen
Zander Olivier van die Valies klou vir al wat hy werd is in ‘n poging om ‘n Wonderboom-speler te stuit.
Rugby is ‘n harde game! Die skeidsregter stel ondersoek in na Luan Roesch na ‘n tackle bly lê.
Luan Botha gee die bal betyds uit.
Die Valies se Geovandré Louw maak gereed om te skop.
Die Valies probeer nog ‘n Wonderboom-aanval stuit.
Luan Roesch en Matthew Reese in aksie teen Wonderboom.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button