NewsNews

Terughou van brandstof onwettig!

Die vraag is of die departement op klein oortreders gaan fokus en of die invoerders ook ondersoek sal word. 

In ‘n vraag- en antwoordsessie in die Nasionale Vergadering (NV) het die minister van minerale – en petroleumhulpbronne, Gwede Mantashe, die week verklaar dat die terughou van brandstof onwettig is. 

Dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Minerale- en petroleumhulpbronne het in ‘n mediaverklaring meer oor die sessie vertel:

Terwyl die minister verduidelik hoe daar tans geen brandstoftekort in Suid-Afrika is of verwag word nie, is talle vulstasies en groothandelaars tans sonder diesel.

Hulle verklaar dat hulle geen diesel kan kry by die enkele groot oliemaatskappye wat brandstof invoer nie.

Daar is selfs ‘n bewering van ‘n staatsonderneming wat beweer dat hy geen voorraad het nie, terwyl daar sowat 25 miljoen liter in hulle brandstofreservoirs is. Die minister behoort met min moeite te kan uitvind of dit waar is.

Mantashe het aangevoer dat handelaars dit kan doen om onregverdige wins te maak indien die pryse amptelik styg, en sy departement sal teen sulke handelaars optree.

Indien diesel ná die prysverhoging weer vrylik beskikbaar is, sal dit op die misdaad deur handelaars dui.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button