Valia se eerste seunspan het verlede Saterdag gewys waarom hulle ’n krag is om mee rekening te hou. In ’n taai stryd teen Hoërskool Eldoraigne het die tuisspan die wedstryd met 1-0 beklink.
Die Valia-manne was feitlik deurentyd op die aanval en het hulle die besoekers se verdediging onder geweldige druk geplaas.
Uiteindelik was dit daardie enkele, deurslaggewende doel wat die verskil gemaak en die oorwinning vir die tuisspan verseker het.
Aan die ander kant van die spektrum het die eerste dogterspan ’n harde dag op die veld beleef. In hul semi-finaal teen ’n begeesterde span van Hoërskool Menlopark moes die Valia-dogters die knie buig met ’n loesing van 0-9.

Uitslae:
Seuns
o14 – Verloor 4-0 vs Eldoraigne
o16 – Verloor 4-1 vs Ben Vorster
Dogters
o14A – Wen 5-1 vs Ben Vorster
o14B – Verloor 4-2 vs Eldoraigne
o15A – Verloor 5-0 vs Ben Vorster
o16A – Verloor 4-1 vs Menlopark
o16B – Verloor 3-0 vs Eldoraigne
2des – Verloor 7-0 vs Eldoraigne


