NewsNews

’n Reus het geval: Stoeilegende Jan Wilkens oorlede

Wilkens is gisteroggend in die ouderdom van 83 op sy plaas buite Potchefstroom oorlede.

Jan Wilkens, die man wat vir dekades lank as die onbetwiste koning van die Suid-Afrikaanse stoeikryt beskou is, het vir ewig die lewe se stoeikryt verlaat.

Wilkens (gebore op 4 Februarie 1945 in Johannesburg) was veel meer as net ’n stoeier; hy was ’n nasionale ikoon. 

Tydens sy glorieryke loopbaan het hy die Suid-Afrikaanse Swaargewigtitel agter sy naam geskryf en is hy ’n rekordgetal van ses keer as die EWU Wêreld Super-Swaargewigkampioen gekroon.

Sy reis in die kryt het reeds in 1955 begin en tot sy uittrede in 1987 was hy die hartklop van die plaaslike stoeitoneel.

Vir duisende aanhangers was hy nie net ’n kampioen nie, maar bloot hul “Champ”, en so sal hy altyd onthou word.

Hoe die stoeielende Jan Wilkens onthou sal word. Foto: SA Weermagvereniging

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button