Oud Springbok en Leeukaptein kuier in Vaalpark
Die Valies van Vaalpark Primêr was gister bevoorreg om met 'n voormalige Springbok en Leeu kaptein kennis te maak.
VAALPARK – Daar het gister groot opgewondenheid geheers toe Jaco Kriel van die JK6 Foundation en sy vrou Natassja die leerlinge van Vaalpark Primêr besoek het.
Dié Jaco Kriel? Rugby liefhebbers en dan veral Leeu ondersteuners sal Jaco onthou as ‘n voormalige Springbok en Kaptein van die Leeus. Hy het egter in 2023 sy rugbystewels final opgehang en uit professionele rugby getree.

Verlede jaar het hy die JK6 Foundation op die been gebring om die jeug te inspireer en te motiveer deur sy eie lewensverhaal met hulle te deel.
Vaalpark Primêr het op Facebookblad gesê die leerlinge het die besoek baie geniet en het bygevoeg:
“Jaco, se getuienis, oor sy lewenspad en lewenslesse en dat ‘n mens nooit moet ophou glo nie, sal elkeen van ons Valies, vir altyd bybly.
“Mag die formidabele werk wat u doen by JK 6, van krag tot krag gaan en nog duisende harte aanraak. Ons salueer u!”
