‘n 60/60 verjaarsdag vir Totius se hoof
Totius se hoof, mnr. Martin Erasmus is lekker bederf op sy 60ste verjaarsdag. Veels geluk, mag hierdie 'n goeie lewensjaar wees.
VANDERBIJLPARK – Laerskool Totius se hoof, mnr. Martin Erasmus het gister sy 60ste verjaarsdag gevier en die skool het groot gegaan om die belangrike dag te vier.
Met die tema 60/60 (Checkers se 60/60-motorfietse is mos elke kind se droom tans) is almal van die hoof tot by die maats in turkoois getooi. Skooldrag was uit, en gewone drag was in.

Die leerders het vroegoggend op die pawiljoen bymekaargekom en gewag vir hul Mnr. Martin wat eers sy 60/60 klere moes aantrek. Daar is onder andere resies gehardloop met Checkers-trollies en natuurlik was daar van die mini-motorfietse.

Na skool het die hoof en personeel sy verjaarsdag by ‘n plaaslike restaurant gaan vier waar hy verder verras is deur een van Totius se voormalige leerlinge, Austin Krog-Coetzee kompleet in ‘n turkoois oorpak en op ‘n minimotorfiets om vir hom ‘n geskenk af te lewer.
