News

Internasionale Hamburgerdag gevier

28 Mei is Internasionale Hamburgerdag!

Op 28 Mei vier die wêreld Internasionale Hamburgerdag, ’n dag wat een van die wêreld se gewildste eetgoed – die hamburger – vier.

Die woord “hamburger” is afgelei van Hamburg in Duitsland, waar maalvleisfrikkadelle reeds in die 19de eeu gewild was.

Duitse immigrante het dié konsep na die Verenigde State van Amerika geneem, waar dit uiteindelik ontwikkel het tot die gewilde toebroodjie wat ons almal vandag ken.

Hoewel die presiese oorsprong van die hamburger steeds betwis word, meen sommige dat Louis Lassen van Louis’ Lunch in New Haven, Connecticut, die eerste hamburger in 1900 bedien het deur ’n maalvleispatty tussen twee snye roosterbrood te plaas.

Advertensies uit die 1890’s dui egter daarop dat hamburgers reeds op verskeie plekke in die VSA verkoop is, wat beteken die oorsprong is waarskynlik meer ingewikkeld.

Die hamburger het in Amerika bekendheid verwerf tydens die 1904 St. Louis Wêreldskou, waar dit aan ’n groter mark bekendgestel is en vinnig ’n Amerikaanse stapelvoedsel geword het.

Die hamburger se gewildheid het in die 20ste eeu verder gegroei met die opkoms van kitskosreuse soos White Castle en McDonald’s, wat die hamburger as ’n Amerikaanse ikoon gevestig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button