Destinata atlete presteer by SA’s
Destinata Skool se atlete het die Vaaldriehoek se naam hoog gehou by die Nasionale Sekondê/LSEN Atletiekkampioenskappe.
MEYERTON – Die Destinata Skool is trots op die uitsonderlike prestasies van hul atlete wat die naweek aan die Nasionale Sekondêre/LSEN Atletiekkampioenskappe 2026 in Pretoria deelgeneem het.

Riate Lombard het goud gekry in diskus. Morgan Leachenkam het twee silwer medaljes verdien onderskeidelik vir verspring en die 1500m, terwyl Natasha Labuschagne brons verower het in hoogspring. Xanika Brooks voltooi die medaljes met haar brons in die aflosse.
Juandre Labuschagne het twee vyfde plekke behaal vir diskus en spiesgooi. Ruan Nortje het sesde gekom in spiesgooi en Tyron van Eyssen het ʼn goeie sesde plek behaal in die 800m.

Die skool het op hul Facebookblad gesê: “Every step, every jump, and every throw tells a story of perseverance, hard work, and character. You don’t just wear medals – you carry the pride of Destinata.
“Baie geluk aan elke atleet wat deelgeneem het. Julle is ’n inspirasie vir ons hele skoolgemeenskap! Keep believing. Keep striving. The best is yet to come!”
