VANDERBIJLPARK – Jeugland Dienssentrum bied elke Donderdagoggend ‘n interessante program by die Buitepossaal aan vir seniors burgers.
Dit sluit praatjies oor verskeie onderwerpe vir seniors in en besoekers kan ook hul bloeddruk laat neem en bloedglukose laat toets. Die byeenkomste word Donderdae van 09:30 tot 11:00 aangebied.
Die koste is R10 per persoon. Dagboek gerus dié lekker kuiergeleenthede in Junie:
4 Junie – Genesis 1 – Die Skepping (Spreker: ds. Getrud Tönsing)
11 Junie – Danté Chan Christelike Sentrum, Hoop vir Môre. (Spreker: Kapt. Alwyn Wilken)
18 Junie – Rumatoïede artritis en osteoartritis (Spreker: Ranelda Oberholzer, Clicks)
25 Junie – Die waarde van ‘n lewe vol stories (Spreker: Benita Bekker)
Alle seniors is baie welkom. Skakel me. Katinka Nel of me. Mignon Venter by 016 933 3995 vir meer besonderhede.