SportSport

Neil maak Jozi Cup geskiedenis

Kolfmeester kasty Vereeniging se boulers.

MEYERTON – Niel Erasmus van Die Ratels Krieketklub het die afgelope naweek sy naam in die Jozi Cup 2026 se rekordboeke in vet drukletters neergepen nadat hy as die Waardevolste Speler van die Wedstryd (MVP) aangewys is ná ’n indrukwekkende vertoning teen Vereeniging.

Erasmus het ’n onoorwonne 122 lopies van slegs 62 afglewerings aangeteken en die Vereeniging-boulaanval van die eerste tot die laaste boulbeurt oorheers. Sy beurt is tans die hoogste individuele telling wat nog in die vyfde uitgawe van die Jozi Cup aangeteken is.

Met kragtige grenshoue en uitstekende kolfwerk het Erasmus ’n sleutelrol gespeel in Die Ratels se sege . Sy vertoning het nie net die wedstryd se uitslag bepaal nie, maar ook die standaard vir die res van die toernooi daargestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button