News

Vaal stoeiers bring medaljes huis toe

Geluk aan die stoeiers van die Vaal Stoeiklub wat goed gevaar het by 'n nasionale stoeikampioenskap oor die naweek.

VEREENIGING – Saterdag het plaaslike stoeiers hul staal gewys by die GrecoRoman South African National Championships.

Die kampioenskappe het in Pretoria plaasgevind en vyf van die Vaal Stoeiklub se lede was deel van die Sedibengspan. Hulle het uitstekende resultate behaal.

Keenan Wilcocks het goud in die Presidente afdeling behaal.

Luke Marx en Petie van der Walt het hulle Suid-Afrikaanse stoei kleure verdien.

Die jongste stoeier, Luke Marx het twee goue medaljes verower in die o9 en Presidente afdelings. Die Presidente afdeling is ’n kategorie waar stoeiers volgens gewig deelneem, en nie volgens ouderdom nie. In hierdie afdeling het Luke Marx teen ouer stoeiers deelgeneem, waarvan die oudste in die onder 13-kategorie was.

Petie van der Walt. Foto: verskaf/NIcole. Vaal Stoeiklub

Petie van der Walt het ook goud huis toe gebring in die o20 afdeling, terwyl Stephan van der Westhuizen silwer in die o17 afdeling en  AJ Fabricius brons in die o13 afdelings verower het. Stephan het ook vanjaar aan die Afrika-Kampioenskappe deelgeneem, waar hy silwer gewen het.

Hul Sedibengspanmaat van die Heidelberg Soldiers Stoeiklub, Keenan Wilcocks het ook goud in die Presidente afdeling behaal.

Die Vaal Stoeiklub gaan Oktober aan die SA Freestyle Kampioenskappe in die Weskaap deelneem. Die span is tans op soek na borge om die stoeiers wat nie die nodige fondse het om Kaap toe te gaan nie, te help.

Stephan van der Westhuizen. Foto: Vaal Stoeiklub/Facebook

Donasies kan gemaak word by Vaal Stoeiklub. Bank: ABSA. Rekeningnommer: 2860144614. Takkode: 632005.

Kinders en volwassenes wat belangstel in stoei is ook welkom om by die klub aan te sluit. Die klub is geleë in Springboklaan, Duncanville. Oefentye is Maandae en Woensdae van 18:00 – 20:00.  Vir meer inligting kontak Bronwyn van der Walt by 082 746 7399.

AJ Fabricius (regs) het brons verower. Foto: verskaf/Nicole, Vaal Stoeiklub
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button