News

Selfoondief baljaar terwyl spelers rugby speel

Selfone en ander kosbare besittings is uit 'n klaskamer gesteel.

VANDERBIJLPARK. – ’n Vermeende misdadiger is vanoggend op kringtelevisie vasgevang nadat hy glo verskeie selfone en ander waardevolle besittings uit leerders se sakke by Hoërskool Driehoek gesteel het.

Die voorval het plaasgevind terwyl die skool rugby teen die Hoërskool Oosterlig gespeel het. Volgens inligting is spelers en leerders se sakke tydens die wedstryd in ’n klaskamer geberg.

Op kringtelevisie-beeldmateriaal kan gesien word hoe ’n man met ’n bofbalkeps die klaskamer binnegaan en besittings uit die sakke haal en in sy eie sak sit voordat hy die die lokaal verlaat.

Die voorval wek kommer, veral nadat Hoërskool Transvalia na verneem word onlangs ook onder ’n soortgelyke misdaad deurgeloop het.

Die gemeenskap word aangemoedig om waaksaam te wees en enige verdagte optrede onmiddellik aan te meld. Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: [email protected]
Back to top button