News

Man gearresteer vir besit van 150 lewendige skerpioene by lughawe

Die waarde van die skerpioene moet nog bepaal word.

’n Inligtingsgedrewe operasie tussen die Kuilsrivier-veediefstal-en-bedreigde-spesies-eenheid en CapeNature het op Vrydag, 12 Junie, gelei tot die inhegtenisneming van ’n 28-jarige man vir die besit van giftige skerpioene.

Die lede het gereageer op inligting wat hulle ontvang het oor ’n persoon in besit van skerpioene by die Kaapstad Internasionale Lughawe.

’n Beskrywing van die verdagte is verkry en die verdagte is vasgetrek.

Sy bagasie is deursoek en die 150 lewendige skerpioene is tussen sy klere gevind.

Hy is kragtens die Ordonnansie op Natuur- en Omgewingsbewaring in hegtenis geneem vir die besit van ’n wilde dier.

Die skerpioene is gered en is tans in veilige bewaring.

Die man sal na verwagting Maandag, 15 Junie, in die Bellville-landdroshof verskyn.

Die lewendige skerpioene wat tussen die man se klere in sy tas versteek was. Foto: SAPD
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button