News
Wat het van Paul (64) geword?
Paul Oosthuizen is op 5 Junie amptelik as vermis deur ’n familielid aangemeld nadat alle pogings om hom op te spoor, onsuksesvol was.
VANDERBIJLPARK – Die Barrage-SAPD versoek hulp om Paul Oosthuizen (64) op te spoor.
Oosthuizen het om 30 April vermis geraak nadat hy sy huis in Vaalview verlaat het om by Stonehaven on Vaal te gaan werk.
Hy het egter nooit by die werk opgedaag nie.
Enigiemand met inligting word dringend versoek om die ondersoekbeampte, Sers. Fouché, by 082 785 8580 te kontak.
Alternatiewelik kan #CrimeStop by 08600 10111 geskakel word of die #MySAPSApp gebruik word om ’n wenk te stuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
