Local newsNews
Swart kat amper sy nege lewens kwyt
Spanwerk het die kat gered. Die DBV het almal wat betrokke was bedank.
VANDERBIJLPARK – Almal wat katte het, sal weet hulle hou daarvan om op goed en teen goed op te klim. Maar, vanoggend het ʼn swart kat die geklimmery bietjie te ver gevat.
Mense was stomgeslaan toe hul die kat bo-op ʼn elektriese paal in die Louisrus Kleinhoewes gesien het. Die kat kon nie self afkom nie. Die DBV is gekontak en inspekteur Lycinda Visser het tot aksie oorgegaan.
Synde dat dit ʼn elektriese paal is, is Eskom se hulp ingeroep. Hulle het dadelik gereageer en die kragtoevoer afgesit.
Daarna het hul vir Lycinda met een van hul cherry pickers gelig om die kat na veiligheid te bring.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
