Local newsNews
Sunette Bridges skryf nog ‘n treffer vir Caitie
Caitie Rock se nuwe enkelsnit is pas vrygestel. Skatkis van my Hart lyk reeds of dit ook 'n treffer gaan wees.
MEYERTON – Caitie Rock se nuwe enkelsnit, Skatkis van my hart is gister vrygestel en maak reeds opslae op sosiale media. Dis al oor die 1100 op YouTube gespeel en amper 3700 op Spotify gespeel.
Die lied is deur Sunette Bridges geskryf as deel van haar Stormloop versameling. Magdelene Engelbrecht het op YouTube gesê: “Dit is vreeslik mooi. Caitie sing so mooi en weer eens het jy met die woorde getoor Sunette.”
“So pragtig gesing deur Caitie. Sy het so lieflike stem. Sunette Bridges skryf sulke diep woorde” het Alta Botha op Facebook kommentaar gelewer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!