Local newsNewsNews

Mag die hartseerstorie ‘n goeie einde hê

Gebed en ondersteuning word gevra vir Halo. Die vulletjie is maar 'n paar dae oud en ernstig siek by die Highveld Horse Care Unit.

MEYERTON – Begin Oktober het die Highveld Horse Care Unit die 19-jarige merrie Dairybelle op hul Facebook-blad bekendgestel. Dairybelle was dragtig. Die HHCU het lank baklei om haar wettiglik te kry.

Sy het ʼn wa gesleep. Elke dag. Met oop sere en sonder perdeskoene. Selfs dragtig moes sy steeds die oorlaaide waentjie sleep. Gelukkig kon hulle haar konfiskeer en het sy stadig maar seker genees.

Dairybelle en Halo se eerste foto saam. Foto: HHCU/Facebook

Dinsdag het HHCU die goeie nuus gedeel. Dairybelle se merrievulletjie is gebore. Hulle het haar Halo gedoop. Vrydag het die slegte nuus gebreek. Dit gaan nie goed met Halo nie. Sy is baie siek en Dairybelle het ook komplikasies oorgehou. Daar is gevra dat mense sal bid en liefde na die twee se kant toe stuur.

Saterdag se nuus was relatief positief. Dit gaan al beter met Halo, maar sy is nog nie uit gevaar nie. Die HHCU-span en veeartse doen alles in hul vermoë om Dairybelle en Halo deur te trek.

Daar is baie mediese onkostes verbonde en HHCU het ʼn beroep op perde- en diereliefhebbers gedoen vir finansiële bydraes.

Rekeningnaam: Highveld Horse Care Unit.

Rekeningnommer: 530 100 34238

Bank: FNB Meyerton

Die HHCU is ʼn perdeversorgingseenheid wat sedert sy ontstaan in 1991 al duisende perde (en donkies) gered, gesond gedokter en voor nuwe huise gekry het.

Dairybelle toe sy gekonfiskeer is en hoe sy op 5 Oktober al verbeter het. Foto: Highveld Horse Care Unit/Facebook
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button