Local newsNews

Gebed gevra vir Baba Azaria

Nog nie twee weke oud nie en Baba Azaria het al soveel harte gesteel. Haar ma deel gereeld nuus vanuit die Neonatale Sorgeenheid.

VANDERBIJLPARK – Azaria Meyer is nou amper twee weke oud en het al goeie vordering gemaak in die hospitaal. Sy is op 9 November gebore. Sy het 2.36 kg geweeg en is 48 cm lank.

Die hartspesialis hou haar vordering dop en haar hartjie word gereeld geskandeer. Sodra sy 2.5kg is sal sy ʼn hartoperasie ondergaan.

Azaria in haar eerste babaklere Donderdag. Foto: Jeanré Meyer

Azaria is met Truncus Arteriosus gediagnoseer terwyl haar ma, Jeanré swanger was. Dit beteken dat haar hart net een groot bloedvat het waar daar normaalweg twee moet wees, en dat daar ’n gaatjie tussen die twee onderste hartkamers is.

Haar ma, Jeanré, deel elke dag nuus oor haar vordering. Baba het verlede week bietjie geelsug gehad, maar ʼn dag onder die ligte het die probleem gestuit. Die goeie nuus is dat sy self drink en glad nie meer op suurstof is nie, en ook nie meer ʼn voedingsbuis het nie.

Haar ma mag haar vashou en Donderdag kon hul haar vir die eerste keer aantrek. Vrydag was haar gewig 2.39 kg en die hartjie se kondisie is nog dieselfde.

Die gesin vra dat mense asseblief sal aanhou bid vir die klein lyfie sodat sy genoeg gewig kan optel en die operasie kan ondergaan.

Daar is ‘n back-a-buddy-rekening om geld in te samel vir haar mediese onkostes. Die geregistreerde nie-winsgewende organisasie, UBEE4ME gaan steeds voort met hul fondsinsameling om die Meyers met hul mediese onkostes te help.

Vir meer inligting oor die fondsinsameling, kontak vir Nicoleen by 084 598 1722.

Rekeningnaam: U BEE 4 ME NPC

Rekeningnommer: 1234 826 054

Bank: Nedbank

Verwysing: AZARIA

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button