Plaaslike digter stel tweede bundel bekend
VANDERBIJLPARK. – Na afloop van die sukses van “As kombi spieëltjies kon praat” in 2019, die eerste digbundel deur Francois van Zyl is hy terug is 2022 met ‘n splinternuwe bundel getitel “veertig” Woord en nuwe oomblikke vasgevang oor die laaste drie jaar maar in geheel oor 40 winters en 40 somers. Die nuwe bundel …
VANDERBIJLPARK. – Na afloop van die sukses van “As kombi spieëltjies kon praat” in 2019, die eerste digbundel deur Francois van Zyl is hy terug is 2022 met ‘n splinternuwe bundel getitel “veertig”
Woord en nuwe oomblikke vasgevang oor die laaste drie jaar maar in geheel oor 40 winters en 40 somers.
Die nuwe bundel spreek oor die roue eerlikheid van menswees, die wroeg oor die dinge in die lewe, sowel as die mooi en die hartseer tussen in.
Veertig is ‘n bundel wat opreg eerlik is uit die pen oor daaglikse oomblikke oor die die lief, die leed en alles tussen in.
Die vrae wat so baie mense mee worstel en nie altyd die antwoorde voor het nie, kom duidelik voor in die nuut geskryde eerlikheid van hierdie bundel.
Interne ondersoek is die ondertoon van hierdie uitgawe oor die menswees, wat strek van kinderjare oomblikke tot roetes van verlies en waarheen vorentoe.
Francois van Zyl is gebore in Sasolburg in die Vrystaat in Desember, 1981, skool gegaan aan die Laerskool Fonteine en gematrikuleer aan die HTS Sasolburg. Hy verwerf ‘n nasionale Diploma in Kuns & Joernalistiek by Unisa.
Hy is tans die bemarkingsbestuurder vir ’n koffie-roostery met 17 jaar ondervinding in die veld van foto- en videografie en as klank-ingenieur. Regisseur en redigeerder van twee films asook kamera-operateur van verskeie TV-program opnames.
Verskeie van sy gedigte is al gepubliseer in gedrukte publikasies. Sy liefde vir musiek en digkuns kom al van kleintyd af. Motiveringspreker, “stand-up comedian”, musikant, grafiese kunstenaar, videograaf/fotograaf, marathon-atleet vorm deel van sy biografie.
Die bekendstelling van Veertig vind plaas op 26 November by Kunstedraai om 18:00 in Vanderbijlpark. Toegang is gratis.
