Local newsNews

Egpaar se deernis om Jan se halsbandjie by sy eienaar te kry

Met die grootste deernis kon’n egpaar van Lapa Manzi Saterdagmiddag, 26 November uiteindelik vir die eienaar van Jan, die jong vermiste rooibruin staffie waarna daar sedert Saterdag, 19 November in die Vaalrivier gesoek is, berusting gee.

Die egpaar het Jan se lyfie Saterdagmiddag in die rivier sien dryf en dadelik na die berigte oor die soektog na Jan besef dat dit hy moes wees.

Hulle het op Facebook begin rondvra in ‘n poging om sy eienaar te kry sodat hulle minstens sy halsbandjie aan sy eienaar kon gee.
Jan het in die rivier beland toe ‘n boot deur ‘n sluishek oor die keerwal by die Barrage is.

Wat oorgebly het van die boot wat deur ‘n sluishek oor die keerwal is by die Barrage. Al ses mense kon na veiligheid gebring word.

Hoewel die groep van ses mense na veiligheid gebring kon word na die ongeluk, was daar geen spoor van Jan nie en het verskeie mense en organisasies help soek na die staffie.

“Ons het die lyfie in die rivier sien afdryf voor ons huis,” het ‘n baie hartseer Monica de Jager vertel.

“Aanvanklik het ons gedink dit is ‘n houtstomp omdat daar so baie boomtakke, stompe en opdrifsels in die rivier afgekom het met die vloed.

Jan, die jong rooibruin staffie wat in die Vaalrivier verdrink het.

“Ek het die verkyker gegryp en gesien dit is ‘n hond. My man, Bertie, het na hom gery met die boot, want hy was oortuig dit is Jan.”

Met die grootste deernis het die egpaar Jan se halsbandjie afgehaal, dit gewas en met ‘n Facebook-plasing van die halsbandjie daarin geslaag om Jan se eienaar op te spoor.

Dankie vir hierdie uitsonderlike gebaar van liefde om uiteindelik, ten spyte van die hartseer, berusting vir sy eienaar te kon bring.

Jett die Belgiese herdershond.

* Jett, die geliefde Belgiese herdershond wat help soek het na Jan, se lyfie is ook intussen gevind. Jett het die naweek in ‘n mangat in die Hartebeesspruit in Kilnerpark, Pretoria geval.

Sy eienaar, Diane Logie, het saam met hom in die mangat geval toe daar na ‘n Jack Russel-hondjie gesoek is. Sy kon gelukkig uitgehelp word.

Jet het as snuffelhond gewerk by Healthy Hound Missing Pet Search & Rescue en was hoogs opgelei. Sy eienaar, Diane Logie is mede-eienaar van die organisasie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button