Kompas Gemeente vier 12de bestaansjaar
Die Kompas Gemeente is nou amper 'n volwwardige tiener
VANDERBIJLPARK. – Die braaivleisvure is, het Sondagoggend 28 Januarie gekletter en geknars by die ingang van Kompas Gemeente.
Die rede vir die masa-braai was om die kerk se 12de bestaansjaar te vier. Gemeentelede en kerkgangers het na die diens ‘n lekker worsbroodjie gekry as deel van die feesvieringe. Die jongspan het springmielies genuttig en speelballe na hartelus rondgeskop.
Die gemeenteleiers Marius en Marietjie Malan kon moet trots toekyk hoe ‘n droom voor hulle oë ontvou. Volgens Marius het ‘n Gideonsbende van 15 lidmate meer as 12 jaar gelede in die skoolsaal van die Laerskool DF Malherbe hande gevat en saam bloed gesweet om die droomgemeente op die been te bring.
Die res is soos wat hulle sê geskiedenis.


