Local newsNews

Rugby-aksie satisfaksie!

Dit het drieë gereën.

*Die storie het eerste in die gedrukte weegawe van Vaalweekblad (19 April) verskyn. Kry ons gedrukte koerant vir al die jongste nuus.

VANDERBIJLPARK. – Daar was Saterdag, 13 April geen gebrek aan rugby-aksie toe die Ankerskool en die Hoërskool Transvalia se rugbyspanne mekaar by die Ankerskool gepak het nie.

In wat waarskynlik een van die mees boeiendste wedstryde van die dag was, het die Hoërskool Transvalia se derde span die Ankerskool se tweede span met ‘n telling van 47-7 gestoomroller.

Die besoekers het aan die einde van die eerste helfte reeds met ‘n gawe voorsprong van 26-0 voorgeloop en kon dit in die tweede helfte nog verder rek.

Gerhardt Rossouw, ‘n voorspeler van die Hoërskool Transvalia, het veral tydens die wedstryd beïndruk met sy “stormlope” waaraan daar feitlik geen keer was nie.

Hoewel die Ankerskool nie daarin kon slaag om enige drieë aan te teken nie, kon Oratiloe Ramaite van die Ankerskool darem punte vir die tuisspan aanteken met sy drie verdoelings in die tweede helfte.

Transvalia se o.14 span het die Ankerskool 52 – 0 geklop, terwyl Transvalia se o.15’s (36-0) en o.16’s (33 – 0) ook teen die Ankerskool gewen het.

Griffin Bridges van Hoërskool Transvalia gooi die bal by die lynstaan in. Foto: Christiaan Cloete
Brandon van der Westhuizen van Hoërskool Transvalia en Emile Gouws van Ankerskool stoei vir balbesit. Foto: Christiaan Cloete

Vian Locke van Hoërskool Transvalia klits nog ‘n bal tussen die pale deur. Foto: Christiaan Cloete.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button