News

Arcon Park-oordragstasie sommer vinnig opgeruim

Die oordragstasie lyk sommer stukke beter as wat dit gelyk het.

VEREENIGING. – Die Arcon Park-oordragstasie in Vereeniging, waar vullis geberg word voordat dit na ’n stortingsterrein geneem word, was tot onlangs toegegroei onder gras, bossies en bome.

AfriForum se Vereeniging-tak het op 4 Mei ingetree en saam met Red Door Properties, Arcon Park Residents’ Association (APRA), Transmart en die toegewyde inwoners van Arcon Park die hele oordragstasie bykans nuut gemaak.

Die vrywilligers het die sypaadjie se gras gesny, onkruid uitgehaal, bome gesnoei en die sementblad van die oordragstasie skoongemaak.

“Danksy die samewerking deur die vrywilligers en plaaslike ondernemings is die Arcon Park-oordragstasie vinnig en doeltreffend skoongemaak. Die Arcon Park-gemeenskap het sowaar hierdie oordragstasie in iets omskep waarop die inwoners trots kan wees,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

Innis Erasmus, voorsitter van AfriForum se Vereenigingtak, sê dit is goed om te sien dat hierdie gemeenskap so veerkragtig geword het en die inisiatief geneem het om die Arcon Park-oordragstasie skoon te maak.

“Dit is maar ’n deel van die impak wat gemaak kan word as gemeenskappe saamstaan vir ’n gemeenskaplike doel.”

Die suksesvolle opruiming van die Arcon Parkoordragstasie beklemtoon AfriForum se verbintenis tot omgewingsrentmeesterskap en gemeenskapswelstand.

AfriForum se Vereeiging-tak bedank alle deelnemers en vennote vir hul toewyding en ondersteuning. Saam het ons ’n tasbare verskil gemaak in die verbetering van die lewenskwaliteit in Arcon Park.

Gras, bossies en bome wat by die Arcon Park-oordragstasie
uitgehaal is in dromme. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button