Local newsNews

ELM skors amptenare oor beweerde ongerymdhede

Die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit moes dringend sy debietorder-gerief stop weens ongerymdhede en 'n moontlik georganiseerde bedrogspul.

“Die munisipaliteit het intussen drie amptenare geskors wat na bewering hierby betrokke is. Die moontlikheid word nie uitgesluit dat meer amptenare betrokke mag wees nie,” sê raadslid Gerda Senekal van die VF Plus in Emfuleni.

Die ongerymdhede is ontbloot toe personeel opgemerk het dat debietorders wat in die munisipaliteit se bankrekening inbetaal word, se bedrae aansienlik minder is as die werklike uitstaande bedrag.

“Die VF Plus het tydens ʼn finansiële komiteevergadering daarop aangedring dat die saak deeglik ondersoek word en amptenare verantwoordelik gehou word vir hul optrede.

“Die party het ook daarop aangedring dat indien ʼn interne ondersoek die amptenare skuldig bevind, hulle ook strafregtelik aangekla moet word,” sê rdl. Senekal.

Emfuleni is reeds in ʼn finansiële gemors en kan nie sy maandelikse skuld aan grootmaatdiensverskaffers betaal nie.

“Daar kan nie bekostig word dat die munisipaliteit intern ook benadeel word nie,” het rdl. Senekal afgesluit.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button