Talle helikopters het kom land om pasiënte hospitaal toe te neem. Foto: Christiaan Cloete
MEYERTON. – Talle mense is Dinsdagmiddag 28 Mei beseer in ‘n motorbotsing tussen twee transitovoertuie, een minibus skooltaxi met 14 skoolkinders aanboord en vierde motorvoertuig in Pierneef Boulevard.
Vaalweekblad verneem daar was sterftes. Die polisie het dit nog nie bevestig nie.
Die ongelukstoneel is tussen Hoogenhoutstraat en Andrew Murraystraat in Kookrus.
Die polisie, nooddienste en die Midvaal-brandweer is op die toneel.
Talle mense is reeds per helikopter van die toneel af na hospitale vervoer.
Die pad is gesluit vir verkeer.
Die toneel is toegespan.
Lede van die publiek word aangeraai om ‘n alternatiewe roete te gebruik
*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad sal later meer breedvoerig berig sodra ons meer inligting het.
Die bestuurder van ‘n transitovoertuig word in ‘n draagbaar na ‘n ambulans geneem. Foto: Christiaan CloeteDie toneel is afgesper en lede van die publiek word nie verby die lyn toegelaat nie. Foto: Christiaan CloeteOmstanders drom saam in Pierneef Boulevard in Meyerton waar twee transitovoertuie, ‘n minibus skooltaxi en ‘n voertuig in ‘n ongeluk betrokke was. Foto: Christiaan CloeteDie ongelukstoneel in Pierneef Boulevard waar twee transitovoetuie, ‘n minibus met 14 leerders aanboord en ‘n vierde voertuig met mekaar gebots het. Foto: VerskafMense word aangeraai om Pierneef Boulevard te vermy. Foto: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!