News
Talle dood, beseer in Meyerton-botsing
Talle mense - insluitend skoolkinders - is per helikopter van die toneel af na hospitale vervoer.

MEYERTON. – Talle mense is Dinsdagmiddag 28 Mei beseer in ‘n motorbotsing tussen twee transitovoertuie, een minibus skooltaxi met 14 skoolkinders aanboord en vierde motorvoertuig in Pierneef Boulevard.
Vaalweekblad verneem daar was sterftes. Die polisie het dit nog nie bevestig nie.
Die ongelukstoneel is tussen Hoogenhoutstraat en Andrew Murraystraat in Kookrus.
Die polisie, nooddienste en die Midvaal-brandweer is op die toneel.
Talle mense is reeds per helikopter van die toneel af na hospitale vervoer.
Die pad is gesluit vir verkeer.
Die toneel is toegespan.
Lede van die publiek word aangeraai om ‘n alternatiewe roete te gebruik
*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad sal later meer breedvoerig berig sodra ons meer inligting het.





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.