News

Rioollekasie ‘n ‘ongeluk wat wag om te gebeur’

Rioolvuil het in die pad opgedam en hou ‘n gevaar vir voetgangers en motorsite in.

VEREENIGING. – Inwoners van Drie Riviere meen ‘n plas rioovuil om ‘n draai in Brandmullerrylaan is ‘n ‘ongeluk wat wag om te gebeur’.

Die plas is al vir maande in die pad en word deur ‘n rioollekasie veroorsaak.

Dit veroorsaak dat verkeer wat in ‘n oostelike rigting onderweg is in die rigting van aankomende verkeer moet ry om die onwelriekende plas te vermy.

Die ligging van die plas – om ‘n skerp draai – maak dit veral gevraarlik.

Daar is tekens dat voertuie reeds op die modderagtige gemors gegly het.

Inwoners word gevra om spoed te verminder en waaksaam te wees.

Die plas is is in Brandmullerrylaan tussen The Circus en Ribble Terrace geleë.

Volgens Dalene Venter, raadslid van Wyk 1 van die Emfuleni Plaaslike Munisipateit is die probleem reeds gerapporteer.

Daar is tekens dat voertuie reeds op die modderagtige gemors gegly het. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button