Local newsNews

Bekende oud-Valie (91) verloor sy stryd teen kanker

VANDERBIJLPARK. – Die oud-Valie, Hendrik Jakobus (Bokkie) Erasmus is Maandag, 27 Mei in die ouderdom van 91 jaar in Mosselbaai oorlede. Dit is slegs ‘n maand nadat hy met kanker gediagnoseer is. Die bekende Vaaldriehoeker het 35 jaar vir Yskor gewerk, waar hy die hoof van verbranding was. Hy was ook ‘n bedrewe sportman en …

VANDERBIJLPARK. – Die oud-Valie, Hendrik Jakobus (Bokkie) Erasmus is Maandag, 27 Mei in die ouderdom van 91 jaar in Mosselbaai oorlede.

Dit is slegs ‘n maand nadat hy met kanker gediagnoseer is. Die bekende Vaaldriehoeker het 35 jaar vir Yskor gewerk, waar hy die hoof van verbranding was. Hy was ook ‘n bedrewe sportman en was by hengel en ringtennis in die Vaal betrokke. Hy was die stigter van die destydse N*Kwazi hengelklub.

Hy het die destydse Transvaalse Skiboot hengelspan en SA span by die Suid-Afrikaanse Spele verteenwoordig. Hy het in 1990 afgetree en na Stilbaai verhuis waar hy die meeste van sy Goue Jare op sy diepsee hengelboot deurgebring het.

Op 87-jarige ouderdom het hy sy diepsee visstok opgehang. Hy was die laaste drie weke bedleênd en is Vydag, 24 Mei in die hospitaal opgeneem, waar hy Maandagoggend, 27 Mei sy stryd teen kanker verloor het.

Mnr. Erasmus is Vrydag, 31 Mei vanuit die Hervormde Kerk in Stilbaai begrawe. Hy is Ricardo Erasmus, pas afgetrede hoof van die Hoërskool Driehoek, se pa.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button