Vrede van Vereeniging deur FAK herdenk
Die vredesverdrag het in 1902 die bloedige Anglo-Boereoorlog beëindig.
VEREENIGING. – Die Verdrag van Vereeniging is 122 jaar gelede onderteken en het ‘n einde aan die Anglo-Boeroorlog gebring.
Die belangrike gebeurtenis in SuidAfrikaanse geskiendenis is onlangs herdenk. Die verdrag (ook bekend as die Vrede van Vereeniging) is Saterdag, 31 Mei 1902 tussen verteenwoordigers van die Boere en Britte by Melrose Huis in Pretoria onderteken.
Dit is van geskiedkundige belang omdat dit een van die bloedigste oorloë nog in Suid-Afrika beëindig het. Vanjaar het die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ‘n Vrede van Vereenigingtoer gehou waartydens belangrike bakens wat met die Vrede van Vereeniging verband hou, besoek is.


Die toer het besoeke aan die Vredesboom in Vereeniging (waar Boer en Brit met mekaar onderhandel het), die Vryheidsmonument in Vereeniging se middestad, die Witkop Blokhuis in Midvaal (langs die R59), die Russiese Ortodokse Kerk in Midrand, Melrose Huis in Pretoria en die Voortrekkermonument in Pretoria ingesluit.
Een van die hoogtepunte van vanjaar se Vredestoer was die besoek deur die Russiese ambassadeur, Ilya Igorevich Rogachev.
Volgens Freddie Peters, geskiedeniskenner, het die Boere en die Russe mekaar op verskeie maniere tydens die Anglo-Boereoorlog bygestaan, soos toe ‘n Russiese skip vyf Boeregevangenes help ontsnap het van ‘n Britse skip wat na Ceylon onderweg was.
Van daar af het die verhouding net gegroei. Nog ‘n hoogtepunt was die besoek aan Melrose Huis in Pretoria, wat vir die eerste keer sedert die restourasietydperk besoek is.
Besoekers het die geleenheid gehad om die vertrek binne te gaan waar die vredesverdrag onderteken is.

mense wat hule lewens in die
Anglo-Boereoorlog verloor het.
