Local newsNews

Meeste verdrinkings kan voorkom word

Jaarliks verdrink 1484 mense in SA

VANDERBIJLPARK. – Daar kan nie bekostig word om gevare van verdrinking en die waarde van waterveiligheidsmaatreëls te ignoreer nie.

Daar is jaarliks gemiddeld 1 484 verdrinkings in Suid-Afrika, waarvan 29% (450) onder kinders onder 14 jaar voorkom.

Water is pret en veilig as jy die reëls gehoorsaam.

Wêreldwyd is die hoogste verdrinkingsyfers onder kinders 1 tot 4 jaar, gevolg deur kinders 5 tot 9 jaar. Daar is verskillende tipes van verdinking.

Vier mense verdink elke dag in SuidAfrika. Die grootste oorsake van verdrinking is ‘n gebrek aan kennis van basiese waterveiligheid, toesig en die gebruik van alkohol.

Nat verdrinking is die algemeenste tipe verdrinking, waar water die longe binnedring en dit moeilik maak om asem te haal. Droë verdrinking: Die lugweg gaan in spasma en sluit, wat verhoed dat water die longe binnedring.

Dit is volgens statistiek verantwoordelik vir 10–20% van verdrinkingsterftes en geen water word tydens die lykskouing in die longe gevind nie. Passiewe verdrinking vind plaas wanneer iemand onder water is en nie weer kan opkom nie.

Sonja Richter help ‘n swemleerling op sy rug dryf.

Sekondêre verdrinking is ‘n komplikasie wat ure of dae na ‘n bynaverdrinkingsvoorval kan voorkom. Water kan die voering van die longe irriteer en vloeistof laat opbou, ‘n toestand wat pulmonale edeem genoem word. Volgens Anita Lucas van Swim Excellence (SE) in Vanderbijlpark, kan die meeste verdinkings voorkom word.

Oarabile Mabuola dryf sonder enige hulp in die water.

Lucas-hulle het hulle Brag & Tag dag gehou waar die ouers van hulle leerlinge eerstehands die geleentheid gekry het om saam met hulle kinders te swem en touwys gemaak is oor waterveiligheid. Die leerlinge het ook na afloop van die sessies hulle medaljes en sertifikate gekry om hulle vordering te beloon.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button