News

Bejaarde vrou (80) sterf ná rooftog by huis

Die bure het haar in die bad aangetref, met haar hande vasgebind.

OPDATERING: Die polisie het bevestig dat Helen Bruwer eers nadat sy by die hospitaal aangekom het oorlede is, en dat sy dus nie dood was toe daar op haar afgekom is, soos daar aanvanklik berig is, nie.

DE DEUR. – ‘n Bejaarde vrou van De Deur Estates is Dinsdag, 28 Mei dood nadat sy vermoedelik tydens ‘n huisroof deur gewapende rowers vasgebind en in haar bad gelos is.

Volgens Gresham Mandy van die Walkerville Gemeenskapspolisieforum (GPF) blyk dit of die rowers Helen Bruwer (80), ‘n inwoner van Thornton Road, styf vasgebind en in haar bad gelos het.

Hulle het daarna met haar groen BMW 5-reeks gevlug.

Die bure het haar in die bad aangetref, met haar hande vasgebind.

Die traumatiese aard van die voorval en skok kon moontlik tot Bruwer se dood gelei het.

Volgens kapt. Fikile Funda, ‘n woordvoerder vir die polisie, het Bruwer se bure haar lyk in die bad ontdek.

Hulle het onraad vermoed en het vir haar gaan soek nadat sy nie op boodskappe gereageer het nie. Met aankoms het hulle die oorledene in die bad aangetref, met haar hande vasgebind,” sê Funda.

Die bure het haar na ‘n hospitaal geneem, waar sy later oorlede is.

Funda sê ‘n saak van moord en roof word ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button