Verkiesingsplakkate moet teen Woensdag af
Politieke partye kan strawe boetes opgelê word indien hulle nie teen 19 Junie hul plakkate verwyder nie.
MIDVAAL. – Suid-Afrika se algemene verkiesing van 2024 is nou verby, die amptelike uitslae is reeds op 2 Junie bekend gemaak en nou moet verkiesingsplakkate ook van die lamppale af.
Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het verlede week politieke partye versoek om alle verkiesingsplakkate teen 19 Junie te verwyder.
“Alle politieke partye word versoek om enige politieke plakkate en veldtogmateriaal teen 14 dae vanaf die uitreiking van die kennisgewing te verwyder,” het die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit in ‘n verklaring wat op 6 Junie uitgereik, is te kenne gegee.
Midvaal het gewaarsku dat politieke partye strawwe en boetes opgelê kan word indien hulle nie verkiesingsplakkate en veldtogmateriaal teen die spertyd (19 Junie) verwyder nie.

