
MEYERTON. – Die AfriForumtak in Midvaal het op 29 Junie ’n projek by die Riversdal-begraafplaas van stapel gestuur wat daarop gemik is om die historiese integriteit van hierdie belangrike terrein te behou.
Vandale het grafstene, waarvan baie uit die middel 19de eeu dateer en noukeurig met die hand gekerf is, omgekeer en beskadig.


Hierdie grafstene getuig van die lewens van individue wat deur die AngloBoereoorlog en Wêreldoorloë geleef het.
Die Midvaal-tak het altesaam 10 grafstene herstel.
“AfriForum het ’n standvastige verbintenis tot die bewaring van ons kultuur en erfenis. Ons beplan om hierdie projek in die nabye toekoms voort te sit om te verseker dat die waardigheid van hierdie individue se finale rusplek ten volle herstel word,” sê Pieter Swart, voorsitter van AfriForum se Midvaal-tak.
“Begraafplase en monumente is nie bloot fisiese strukture nie; dit is bewaarplekke van ons kollektiewe verhale en herinneringe.”
Om by hierdie tak betrokke te raak, stuur gerus ’n WhatsAppboodskap na 072 771 9081.
