Local newsNews

Nuwe presidente vir Rotariër Klubs

Veels geluk en sterkte aan die nuwe presidente van die Rotariër Klub van Vanderbijlpark en die Rotariër Klub van Riverside.

VANDERBIJLPARK. – Rotariërklubs wêreldwyd se jaar strek van 1 Julie – 30 Junie.

Hierdie tyd van die jaar word daar nie net besin oor die afgelope jaar se projekte en beplanning gedoen vir die volgende jaar nie, dis ook tyd vir die inhuldiging van klub presidente.

Die Rotariër Klub van Vanderbijlpark se President, Adri Roos is op 26 Junie ingehuldig. Hierdie is haar tweede termyn as president.

AG Sonja Gilliland oorhandig die presidentsketting aan President Adri Roos van die Rotariër Klub van Vanderbijlpark. Foto: verskaf

Die geleentheid is met ‘n semi-formele gala-aand gevier by Stonehaven-on-Vaal.

Op 1 Julie het die Rotariër Klub van Riverside ‘n spesiale aand by die Shakespeare Inn gehou om hul nuwe president, Johan du Toit in te huldig.

Soos in die geval van President Roos het Assistent Goewerneur Sonja Gilliland die inhuldiging waargeneem.

Voormalige president Albertus Kriel ontvang sy presidentbalkie van President Johan du Toit. Foto: Gerda Bruinette

Beide klubs sien met opgewondenheid uit na Rotary International se tema vir 2024/25 The Magic of Rotary.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button