NewsSport

Vaal Mall ploeg terug in die gemeenskap

Plaaslike rugbyspelers word deur mall bederf

VANDERBIJLPARK – Nie alle sportmanne se paadjies is sonder struikelblokke nie.

Dit is waarom die Vaal Mall Winkelsentrum besluit het om twee spelers van die Rhino Week toernooi, wat nie toelaat dat hulle omstandighede hulle onderkry nie, met duisende rande se koopbewyse te bederf.

Die Dries van Heerden Rhino Week, Provinsiale o15 en o17-week en Laerskole Rugbyweek het die afgelope winterskoolvakansie op die VUT Isak Steyl-stadion plaasgevind.

Vaal Mall was ook die trotse borg van die vyf Sedibeng-spanne wat aan dié week deelgeneem het. Die bestuur van die Rhino Week, onder leiding van Martin van Wyngaardt, Dries van Heerden en Gert Tsotetsi, het twee plaaslike spelers Innocent Xaba en JP le Roux gekies, wie se toewyding onberispelik was. Hierdie seuns het glo elke oefening bygewoon en hulle ouers se belegging in hul sport met rente, passie en toewyding terugbetaal.

“Hierdie gee erkenning aan ‘n speler wat ekstra spesiale deursettingsvermoë en vasberadenheid getoon het. Hulle voorbeeldige toewyding en sportmangees het hulle nie net onderskei as merkwaardige atlete nie, maar het ook bygedra tot die sukses en gees van die toernooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button