NewsSport

Meyerton parkrun vier 250-mylpaal!

Meyerton parkrun is vanjaar agt jaar oud.

MEYERTON. – Die 250ste Meyerton parkrun word Saterdag 10 Augustus gehou.

Om dié mylpaal te vier word parkrunners genooi om in “plaasdrag” by die parkrun op te daag.

Die weeklikse parkrun is al ‘n instelling vir baie mense in Meyerton. Op die foto spoor Desmond Richardson deelnemers met die luidspreker aan. Foto: Christiaan Cloete

Meyerton se parkrun het agt jaar gelede ontstaan toe Roland en Anel du Plessis met behulp van ‘n groep vrywilligers hul droom om ‘n parkrun in Meyerton te vestig verwesenlik het.

Die droom is bewaarheid toe die eerste parkrun op Saterdag 17 November 2017 gehou is.

Sedertdien word die parkrun bykans elke week aangebied (slegs die met Covid-pandemie kon daarin slaag om die parkrun tydelik te stuit).

Shirley en Stella moedig atlete by die Meyerton parkrun aan. Foto: Facebook/Meyerton parkrun
Die kampioenbokser Chris van Heerden toe hy op 10 Maart 2018 aan die Meyerton parkrun deelgeneem het. Foto: Facebook/Meyerton parkrun

Die roete is langs die Kliprivier en is baie mooi, veral na ‘n somerreëntjie.

Dit is parkrun is ook hond-vriendelik, en besoekers kan gerus hul vierpotige vriende saambring.

‘n Vrywilliger by een van die Meyerton parkruns. Foto: Christiaan Cloete
Parkrunners tydens die 200ste Meyerton parkrun. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button