News

Voetganger op R59 doodgery

Hy het blykbaar die snelweg buite Meyerton probeer oorsteek toe hy raakgery is.

MEYERTON. – Nog ‘n voetganger is Vrydagmiddag  (9 Augustus) raakgery toe hy die R59-snelweg per voet probeer oorsteek het.

Die voetganger was glo tussen Sicelo en Meyerton onderweg toe hy raakgery is.

Die voorval het glo Vrydagmiddag omstreeks 14:00 noord van die Johan le Roux-afrit op die R59 gebeur.

Vaalweekblad verneem die man het aan beserings beswyk.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad kan later meer volledig berig indien ons meer inligting ontvang.

Die voetganger is deur ‘n voertuig raakgery terwyl hy die R59 by Meyerton probeer oorsteek het. Foto: Christiaan Cloete
Verkeersbeamptes reguleer verkeersvloei op die ongelukstoneel. Foto: Christiaan Cloete

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button