News

Belowende jong boogskutter op pad na Namibië

Hy wil teen boogskutters van ander lande deelneem.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

MEYERTON. – ‘n Talentvolle plaaslike boogskieter is gekies om Suid-Afrika tydens ‘n internasionale boogskietkompetisie te verteenwoordig.

AJ Els (16), ‘n leerder van die Hoërskool Dr. Malan, is gekies om Suid-Afrika tussen 21 en 24 Augustus tydens die 2024 Africa Genesis Archery Federation Tournament in Walvisbaai, Namibië te verteenwoordig.

Hier sal hy teen ander boogskutters van Suid-Afrika, Botswana, Namibië en Zambië en Zimbabwe meeding.

Buiten boogskiet is AJ ook ‘n uitblinker in skaak en krieket.

Om AJ tot in Namibië te kry is egter ‘n uitdaging. Volgens AJ se pa, Jeffrey Els, beloop die reiskoste tussen R15 000 en R30 000.

Mense wat bereid is om dié jongman te help om sy droom te bewaarheid, kan geld in AJ se pa se rekening deponeer.

Die rekeningbesonderhede is as volg:
Rekeninghouer: J A Els
Bank: FNB, Meyerton
Rekening tipe: Tjekrekening
Rekeningnommer: 622 839 265 28
Takkode: 250 137

Skakel Jeffrey Els by 083 463 0487 vir meer inligting.

AJ Els. Foto: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button