Local newsNews

Ons weet wat ons weet

Desembermaand is lang vakansie. Laerskool Emfulenipark se juniors vertel wat hul die vakansie gaan doen.

Cornel Swart Ek kan nie wag nie. Ons gaan eers plaas toe. Die plaas is tussen Koppies en Heilbron. Ek gaan pappa help beeste brandmerk. Dan gaan ons see toe. Oupa en Ouma bly in Mosselbaai.

Cornel Swart

Marianke Luus  Ek en mamma en my pa gaan op ‘n boot vir ‘n modelkompetisie waaraan ek gaan deelneem. Ons gaan vier dae op die boot wees en vier dae in Margate.

Marianke Luus

Bevan Deavall Ek gaan by my maatjie, Richard kuier. Ons gaan swem. Hy gaan by ons kom kuier. Ek gaan ook heeltyd op my foon speel en gaan ‘n liedjie op my foon sing vir Kersfees. Ek het kaartjies met stickers gemaak vir my ma en pa en boetie.

Bevan Deavall

Lexi Quirk Ons gaan by my pa kuier in die Kalahari. Hy kom die 10de en dan vlieg ons die 16de Kalahari toe. Daar gaan ons op ‘n game drive in die aand.

Lexi Quirk

Iva van Wyk Dink ons gaan dalk kamp. Dalk by die dam. Ek gaan in die water speel. Kersfees gaan ons geskenke oopmaak of dalk gaan ons na ‘n plek toe.

Iva van Wyk

Liam van Tonder Ek weet nie. Seker maar games speel en met speelgoed speel. Ek gaan ‘n kindertablet vir Kersfees kry.

Liam van Tonder

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button