Plaaslike krieket Armade op pad Bloem toe
Wie gaan vanjaar die wenner wees?
VANDERBIJLPARK – Die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein is van 6 tot 10 Desember die middelpunt van skolekrieket in Sentraal Suid-Afrika.
Die plaaslike krieketspanne van die Hoërskole Driehoek, Overvaal en Transvalia het gister na die Rosestad vertrek vir die tweede Kovsie Smash T20-toernooi wat by HS Fichardtpark aangebied word.

Driehoek kom vanoggend teen die gasheerskool te staan terwyl Transvalia en Overvaal onderskeidelik vanmiddag teen die HTS Middelburg en Trio te staan kom.

Die groepe vir die toernooi is:
Groep A: Wesvalia, Voortrekker, Merensky, Overvaal, Hoërskool Trio.
Groep B: Fichardtpark, Duineveld, Hoërskool Rustenburg, Oos-Moot, Driehoek.
Groep C: HTS Middelburg, Sentraal, Goudveld-Hoërskool, Kalahari, Transvalia.
Groep D: Hoërskool Pietersburg, Jim Fouché, Witteberg, Hoërskool Upington, Despatch.
Die bepalings vir ons plaaslike spanne vir Dinsdag is: 09:00: Transvalia t Goudveld; Overvaal t Merensky en 14:00: Driehoek t Oos-Moot.
