VANDERBIJLPARK – Die Yskor Vanderbijlpark rolbalklub nooi ieder elk, oud en jonk uit om Vrydae vanaf 16:00 by die klub te kom speel.
Wanneer die son sak word daar onder spreiligte gespeel en later die aand word daar heerlik gebraai.
Bring gerus jou vleis en piekniekmandjie saam. Die klub se ingang is oorkant Laerskool Hendrik Vanderbijl in Marconistraat.
Daar is veilige parkering en lieflike fasiliteite. Stuur ‘n Whatsapp asb 084 606 4464 vir meer inligting.


Rolbal-aksie Vrydae by Yskor Vanderbijlpark Rolbalklub.

Rolbal-aksie Vrydae by Yskor Vanderbijlpark Rolbalklub.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
