MEYERTON – Die feit dat Dené Prinsloo so vinnig soos die wind is, is geen verrassing nie.
Nog minder die feit dat die jong atleet van die Laerskool Midvaal tydens die onlangse Interlaerskole-byeenkoms as die senior Victrix Ludorum aangewys is.
Sy spog met puik gene aangesien sy die spruit van die voormalige Protea-atlete Mariska en Snyman Prinsloo is.
Met gene soos daai hoef mens nie te raai waar sy haar atletiek-talente vandaan kry nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
