VEREENIGING – Die Dick Fourie stadion in Drie Riviere was die afgelope naweek in rep en roer met die Cape Gate Vaal Marathon wat daar plaasgevind het.
Die Vaal se langasems het die marathon soos altyd goed ondersteun. Die Meyerton Atletiekklub en die nuwe Actom Atletiekklub, wat voorheen as ArcelorMittal Atletiekklub bekendgestaan het, het in hordes aan die gesogte marathon deelgeneem.
Die vroue-marathon is deur Gerda Steyn (2:40:50) vir die tweede opeenvolgende jaar gewen en Kgotlelelo Lekalakala (2:30:29) het in die mans-wedloop koning gekraai.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
