VANDERBIJLPARK – Om Springbokrugbyspelers op te lewer is niks vreemds vir die Vaaldriehoek nie.
Dit is ʼn eindproduk van harde werk deur ouers, spelers en afrigters wat van laerskooldae af bloedsweet en opofferings maak.
Met die doel van ontwikkeling voor oë bied Champs Netbal en Rugby development die LCTS Friday Night Lights Laerskole toernooi vir o.11 en o.13 netbal en rugbyspanne by die Hoërskool Transvalia aan.
Die toernooi skop eerskomende Vrydagmiddag om 15:00 by die HS Transvalia af en strek ook drie vrydae (28 Februarie, 7 Maart en 14 Maart). Elf laerskole (Alberview Primary, DF Malherbe, Eligwa, Emfulenipark, Fonteine, Kollegepark, Orion, TP Stratten, Vaalpark, Van Dyk Primary en LS Vryheidsmonument gaan by die toernooi in aksie wees.
Hekke open reeds om 13:30. Koste beloop R30 per persoon en R20 per kar. Laerskoolleerlinge met skoolklere aan kan gratis bywoon.
