NewsSport

Valies buit twee kriekettitels

Vaal se krieket is blakend gesond

VANDERBIJLPARK. – Die Johnny Waite-trofee vir o.15 en eerste krieketspanne gaan nerens heen nie.

Die eindstryde van die gesogte T20-toernooi is vroeër vandeesweek op Verref se krieketveld beslis.

Die o.15-krieketspan van die HS Transvalia is as die Johnny Waite B-liga T20-krieketkapmpioen gekroon nadat hy Krugersdorp High in die eindstryd geklop het.

Die eerste krieketspan van die HS Dr. Malan van Meyerton is as die Johnny Waite-kampioen gekroon, nadat hy Transvalia oortuigend met 119 lopies gewen het.

Dokkies het 192/8 in 20 beurte aangeteken met Dewald Erasmus (117 lopies van 61 balle) wat met ‘n puik honderdtal die angel uit Valia se boulaanval getrek het.

Vir die verloorspan het Kyle Culter (3-30-4) en Krieger Botha (2-38-4) goed geboul.

Valia is daarna vir ‘n beskeie 73/10 in 15.3 beurte uitgeboul danksy ‘n skitterende boulvertoning deur  Kegan Meyer (4-15-3.3)

Die o.15’s van Transvalia het op sy beurt gesorg dat die Johhny Waite-trofee in die Vaaldriehoek bly.

Valia het Krugersdrop High School in ‘n taai eindstryd met 27 lopies geklop. Die wenspan het 132/3 in 20 beurte aangeteken danksy puik bydrae met die kolf deur Floris Pretorius (48*) en Waldo Mc Lean (47).

Die Wes-Randers is daarna vir 105/10 in die 18de beurt uitgeboul danksy ʼn spogvertoning deur Justin Oberholster wat 5/16 in 4 beurte platgetrek het.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button