Local newsNews
Ons weet wat ons weet: Wat sal jy vir ‘n jaar eet?
Sê nou maar jy moet vir die res van die jaar dieselfde kos eet, wat sal jy kies? Laerskool Kollegepark se juniors het met Gerda Bruinette oor die kwessie gesels.
Oarabile Ramotsoanyane Kaas, want ek hou baie van kaas. Veral ‘n toast broodjie met kaas op.

TJ Geldart Seafood boil (tipe seekosbredie). Ek hou baie van seekos en sushi, veral sushi met tuna. Die wasabi is net te warm.

Kyle Dehan van Staden Sweets. Ek sal sjokolade eet, daai wit en bruin tjoklits.

Lizé Malherbe Ma se brood, want dis die lekkerste. Sy sit verskillende goed op die brood soos peanut butter, stroop, biltongstrooi en kaas.

Mioné Britz Sweets. Crunchies, want dis my favourite tjoklits.

Ruhandré Roodt Daai wit tjoklits. Wat is die naam nou weer? O ja, Milky Bar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
