NewsSport

Dis hoe die McIntyres rol

Waar rugbybloed nie loop nie kruip dit

VEREENIGING – Dit is al oor en oor bewys dat gene en rugby hand aan hand loop.

Vra maar vir die 36 pare broers wat al oor die jare vir die Springbokke uitgedraf het.

Die McIntyres het nou wel nie vir die Springbokke gespeel, maar rugby is beslis in hulle bloed.

Alec McIntyre het vroeër vandeesmaand sy debuut vir Vereeniging Rugbyklub se eerstespan gemaak toe hulle Benoni met 59-8 geklop het.

Alec volg in die voetspore van sy pa Mark en oom Claude, wat albei ná skool hul plekke in die Goue Leeus se junior spanne losgespeel het.

Terwyl Mark en Claude in die voorry uitgeblink het, is Alec ewe tuis op senter of vleuel.

Na twee seisoene in Grey Kollege se eerste span en ’n kort kuier by die Leeus, is Alec nou terug op die veld met ‘n gejuig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button