WALKERVILLE – Die Winter Fast One die vierde en finale wedren van die 2025 Gauteng Marathonreeks vind op 25 Mei in Walkerville in die suide van Alberton plaas en beloof iets vir elke bergfietsryer.
Van kinders en beginners tot gesoute deelnemers. Die roetes is vinnig en vloeiend, en bied ’n verskeidenheid uitdagings vir alle vlakke van fiksheid en ervaring.
Roete-opsies sluit in: 75km-roete – Hierdie roete is uitdagend met sowat 900m opdraendes. Die roete beweeg onder meer deur Eye of Africa, met bykomende klim en fantastiese enkelpaadjies. Ideaal vir kompeterende ryers en dié wat gedurende die vakansie geoefen het.
Nie geskik vir beginners nie. Die 50km-roete – ’n Nuwe toevoeging tot die Summer Fast One, met ongeveer 600m opdraendes.
Hierdie roete deel die eerste 22km met die 75km-roete, maar draai dan af sonder om deur Eye of Africa te gaan.
Geskik vir intermediêre en kompeterende ryers; beginners met goeie fiksheid is ook welkom. Die 25km-roete -’n Vinnige en plat roete met net 150m opdraende, oor nuwe jeeptracks en enkelpaadjies. Perfek vir kinders en beginner-ryers.
Deelnemers sal punte verdien volgens hul afwerking in hul onderskeie kategorieë. Vir ’n voorskou van die roetes, besoek die YouTube-skakel: https://youtu.be/b9kQcSv3jHM. Aanlyn inskrywings is beskikbaar by MyActive
