News

Vaaldriehoek wen by o23 Bokkietoernooi in Orania

Netbal-, hokkie- en rugbyspanne van die Vaaldriehoek het geskitter by die o23 Bokkietoernooi in Orania.

ORANIA – Die Vaaldriehoek het tydens vanjaar se o23 Bokkietoernooi, wat van 1 tot 3 Mei in die Noord-Kaap gehou is, sy sportiewe stempel afgedruk en as een van die top streke uit die stryd getree.

In ’n toernooi waar spanne van oor die hele Suid-Afrika meegeding het, het die Vaaldriehoekspanne hulself onderskei deur in twee van die drie sportkodes as wenners gekroon te word – ’n uitsonderlike prestasie teen 10 ander unies.

Die netbalspan het NoordTransvaal Noord in die eindstryd met 19–15 verslaan, terwyl die Woemahokkiespan in ’n spanningsvolle gelykop-eindstryd teen Wes-Transvaal, uiteindelik met 2–0 geseëvier het tydens 8-sekonde uitskiete.

Die Woemahokkiespan.

In die sewesrugby was hulle waardige naaswenners teen dieselfde Noord-Transvaalse teenstanders.

Volgens ds. Peter Stans, Hoof Uitvoerende Beampte van Afrikaner Volkseie Sport (AVS), getuig die hegte puntverskille, veral in die rugbywedstryde, van die uitstekende gehalte en mededinging van die toernooi.

’n Hoogtepunt was die goue mylpaal van Jeanne-Marie van der Walt en Alecia Schutte, wat albei hul vyfde agtereenvolgende goue medalje as hokkiebeamptes tydens Bokkietoernooie verower het – ’n merkwaardige bewys van toewyding en volharding.

Na die amptelike prysuitdeling het die tradisionele Cantus tot in die nag voortgeduur – vir baie deelnemers ’n eerste kennismaking met hierdie unieke en kultureel ryk geleentheid.

Die sukses van die 2025-toernooi het só inspireer dat die eerste beplanningsvergadering vir 2026 reeds op 5 Mei plaasgevind het.

Die rugbyspan.
Alecia Schutte.
Jeanne-Marie Van der Walt

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button